PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Chélaine de Wet
@chelainedewet
Op Saterdag, 6 Augustus, het Snowflake se verhoog groot talente vanuit die Afrikaanse musiekbedryf beleef. Musiekliefhebbers het van heinde en verre saamgetrek om op die ritmes van Spoegwolf, Elandré en Van Der Aven voete te stamp.
Die groepslede Roelof van der Merwe, Theunis van der Merwe en Paul Avenant het in 2015 saam musiek begin maak, aanvanklik onder die naam BrotherBrother. Roelof vertel dat hy en Theunis as broers “al van kleins af saam musiek maak” en dat Theunis toe later vir Paul in ’n kerkgroep ontmoet het.
In Maart 2020 het die trio begin opslae maak toe hulle die Band or Bust-kompetisie by die Toyota Woordfees gewen het. Mede-beoordelaar, Tecla Ciolfi, vertel dat díé groep met goeie rede as die wenners uit 250 inskrywings aangewys is. “Hierdie ouens het die vermoë om op ’n suiwer emosionele vlak met hul gehoor te kommunikeer en ’n mens ligter te laat voel na die afloop van hul vertonings,” noem sy.
Die inspirasie agter Heimwee reik terug na die eerste 34 dae van die nasionale inperking toe Roelof alleen in sy Stellenbosch woonstel nie aan die Afrikaanse word vir homesick kon dink nie. Hy vertel dat hy na ’n vinnige Google sessie op die gedig ‘Heimwee’ deur JRL van Bruggen afgekom en “het dadelik aanklank gevind by die woorde.” Die gedig is al voorheen verwerk en getoonset deur Afrikaanse musieklegendes soos Coenie de Villiers en Mimi Coertse.
Die folkrock groep was baie opgewonde om vir die eerste keer Potchefstroom te besoek en was oortref met die dorp se kuiergees. Van Der Aven se debuut verlengde speeltyd, ook bekend as ’n EP, word vanjaar in Oktober vrygestel, waarvan Heimwee die eerste enkelsnit is.
Written by: Wapad
Post comments (0)