PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Nica-May van Zyl
“Koffie is my liefdestaal” en “koffie is lewe” is alombekende frases wat ek en vele ander sogenaamde koffie-liefhebbers – of eerder verslaafdes – graag gebruik. Koffie is die meeste studente se gunsteling versnappering. Juis daarom is die dorp en sy studente bekend vir die Potch-koffie kultuur, maar by watter koffiewinkel begin jy dan nou eerste? Wapad bring vir jou die oplossing: ons proe koffie sodat jy nie hoef nie.
Toro, Molenstraat se toeriste-aantreklikheid, is eerste op ons lysie.
Atmosfeer
Met sitplek wat beide binne en op die stoep beskikbaar is, bied Toro die geskikte atmosfeer vir enige koffie-uitstappie. Óf dit nou daardie eerste “date” is en of jy net gou ’n “vriendskaplike koffie” gaan drink. Dit is egter meer geskik om binne te sit wanneer jy byvoorbeeld aan ’n taak wil werk en jy ’n warm, snoesige omgewing nodig het. Die sitplekke buite is bietjie meer informeel en meer geskik vir ’n “eerste Potch-koffie,” wanneer julle nog in die “leer-mekaar-ken” fase is, en nie die heeltyd diep in mekaar se oë wil kyk nie.
Smaak
My go to koffie is ’n Large Caramel Iced-coffee (CIC) met ’n ekstra shot espresso. Vir Toro se CIC gee ek ’n 10/10. Die koffie self het ’n gerookte smaak en dit kontrasteer met die romerigheid van die melk. Die soet karamelgeursel het ’n duidelike komplimenterende geur, sonder om die koffie te oorweldig. Die regte hoeveelheid ys hou die koffie lank koud en rond dit perfek af.
Prys
In my ervaring betaal ’n mens vir kwaliteit wanneer dit by koffie kom. Die CIC by Toro kos R49. Daaroor het ek niks te sê nie, behalwe dat dit ’n goeie idee is om eerder aan die begin van die maand ’n draai hier te kom maak.
Diens
Toro se diens is topklas. Hulle is altyd opmerklik vriendelik en hulpvaardig. Ek het nog nooit baie lank gewag vir my bestelling nie en boonop skryf hulle elke kliënt se naam op hul koffiekoppie om seker te maak dat jy die regte bestelling ontvang. Dit maak die ervaring baie meer persoonlik en bied die perfekte photo-op.
Ter opsomming: Toro is gesellig, stylvol en kwaliteitsgewys is hulle ’n uitblinker. Gepas vir ’n Potch-koffie, solank die Potch-begroting by die huis bly.
Written by: Wapad
Post comments (0)