PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Marissa Fourie
@marissa.4rie
“Ons doel is om mense deel te laat voel van Potch en hulle in the loop te hou,” sê Francois Viviers, medestigter van die splinternuwe potgooi (podcast), Nog ’n dag in Potch. Saam met sy boesemvriend, Wehan van Rooyen, het hierdie twee die afgelope weke ’n oorweldige reaksie op sosiale media ontlok as gevolg van hulle Potchefstroomse potgooi.
Alles het op TikTok begin, waar hulle binne ’n week meer as 1 000 aanhangers gewerf het. Nou, na omtrent ’n maand, spog hulle met meer as 4 000 aanhangers. Tydens die Rocking Potch-fees het hulle met ongeveer tien mense onderhoude gevoer en kort daarna het die eerste episode van Nog ’n dag in Potch op YouTube verskyn. Hulle eerste episode het onder andere gehandel oor eerste dates.
Die idee vir ’n potgooi het posgevat nadat Viviers en Van Rooyen besluit het om hul gesprekke in ’n gemaklike atmosfeer op te neem, terwyl hulle ’n bietjie van hul eie lewens deel. Die materiaal word nie gesensor nie omdat hulle voel dit noodsaaklik is om outentiek te bly. Soos Van Rooyen sê: “Wat jy sien is wat jy kry.”
Rykdom en roem is nie waarna hierdie twee kletskouse streef nie. Hulle aanmoediging is om mense te help en vermaak te verskaf. Hulle wil ook hou by plaaslike inhoud sodat Potchefstromers kan aanklank vind by die potgooi. Nog ’n dag in Potch is geïnspireer deur die potgooi, Kaapenaar, en Viviers en Van Rooyen noem dat daar dalk in die toekoms saamgewerk mag word.
Daar is baie om na uit te sien soos Nog ’n dag in Potch meer en meer groei. Hulle gaan by Adam & Eve Collab se Kaas-en-Wyn Oppie Bult met al die kunstenaars onderhoude voer. Daar is ook verskeie potensiële gassprekers vanuit uiteenlopende agtergronde wat op die potgooi gaan verskyn. Verder kan aanhangers uitsien na nog segmente, soos stylwenke en “liedjie- of woord van die dag”. Aanhangers kan kontak maak en voorstelle stuur na hulle Instagramblad. Binnekort sal hulle e-posadres vir besigheidsverwante kommuniaksie ook bekendgestel word.
In hulle potgooi-episodes deel hulle ’n “unpopular opinion van die dag”. Vir hulle onderhoud met Wapad het hierdie twee nog ’n paar onpopulêre opinies gedeel. Van Rooyen se onpopulêre opinie is dat “eintlik niemand belangstel oor wat jy van jouself sê nie”. Hy meen dat mense nie ander moet probeer beïndruk met al hul besittings of prestasies nie, want ander gee net eenvoudig nie om nie. Viviers se onpopulêre opinie is goeie lewensraad: hy moedig mense aan om hulle opinies te deel, al weet hulle ander gaan nie daarmee saam stem nie. Hy dink dis belangrik om op ’n respekvolle wyse te kan verskil van ander. Hiér haal hy sy ma se raad aan: “Ag, my ma is so oulik, sy sê altyd ‘gun net dat die son op iemand anders skyn’”.
Dit is geen verbasing dat Nog ’n dag in Potch ’n groot treffer onder studente is nie. Viviers en Van Rooyen beskou hulself as go-getters en wil ander motiveer om net te begin as hulle iets wil doen. Dit neem slegs een oomblik om jou toekoms te verander. Dié vriende het immers hul themesong en logo in slegs een aand gekomponeer en ontwerp.
Written by: Wapad
Post comments (0)