PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Jóreke Kleynhans
@joreke.kleynhans
“Hoe filosofies kan ek raak?” vra Peach van Pletzen in die aanloop tot sy onderhoud met Wapad. Op Vrydag, 25 Maart, het Van Pletzen by Die Mystic Boer in Potchefstroom opgetree. Later die aand vertel hy hoe musiek sy lewe van koers laat verander het, hoe hy ekwilibrium tussen werk en sy persoonlike lewe tref, en hoe inspirasie ʼn mens soms onkant vang.
Sy oorspronklike droom was om ʼn akteur te word, so Van Pletzen het eintlik net vir die pret daarvan musiek begin maak. “Ek dink as mens jonger is, dink jy jy weet presies wat jy gaan doen en wat jou life goals and plans is, maar soos jy vorentoe beweeg in die lewe besef mens dat jy nie eintlik volle beheer oor daai goed het nie. Sekere dinge ry jou planne in die wiele en musiek het my planne in die wiele gery.” Toe hy vir die eerste keer die energie tussen hom en die gehoor aangevoel het, het hy min of meer geweet dat musiek sy lewenspad is.
Van Pletzen voel dat dit belangrik is om onderskeid te tref tussen sy werk en persoonlike lewe. “Maar ek weet nie of ek dit altyd kan doen nie,” erken hy. Dit is wel wanneer hy die onderskeid tussen die twee tref wat dit moontlik word om balans te handhaaf. “When it’s clear, you just balanseer.”
Tog, wanneer sy werk-tot-lewe verhouding te uitdagend raak, hou hy van skaatsplank ry. “Om dit behoorlik te kan doen, kan ek nie aan iets anders dink nie. Dit forseer jou om in daai oomblik te wees,” vertel Van Pletzen.
Hy glo vas dat die inspirasie-golf vanself oor jou moet spoel en dat dit nie iets is wat jy kan forseer nie. “Dit kan op die ongemaklikste tye gebeur, and then you have to be ready. Jy’s maar net die hande wat die ding skryf. Ek dink nie daardie energie kom ten volle van jou af nie.”
Aan die einde van die onderhoud reflekteer Van Pletzen oor al sy incarnations in Die Mystic Boer – van Yesterday’s Pupil tot Bittereinder. Hy vra homself dan of hy na al die jare stééds hier wil wees en doen wat hy doen. “Jy moet peace met daai vraag hê. Eindig jou piece daarmee. Dis jou einde.”
Written by: Wapad
Post comments (0)