Arts and Entertainment

NWU LEESONTWIKKELINGSENTRUM: JOU SLEUTEL TOT SUKSES

todayJuly 21, 2024 9 5

Background
share close

Nica-May van Zyl

@n.i.c.a.vz_12_

English follows Afrikaans

Lê jou akademiese leeswerk soos ‘n berg voor jou? Moet nie kies om jou leeswerk te vermy, net omdat jy nie weet hoe of waar om te begin nie. Die program by die leesontwikkeling-sentrum sal jou help om dié uitdagings te
oorkom.

Die leessentrumkoördineerder van die Noordwes Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus, Jan-Paul Viljoen, het ‘n vergadering op 19 April met al drie kampusse se leessentrumkoördineerders geroep. Tydens die vergadering is ‘n dokument opgestel en Wapad se vrae bespreek.

Die lees-ontwikkelingsentrum het gesê dat die leesprogram sedert 2008 deel van die Potchefstroomkampus gevorm het. In 2009 was die leesprogram op die Mahikeng- en Vanderbijlparkkampus ook beskikbaar. “Sedert 2021 werk ons saam met die Achieve3000-geletterdheidsprogram om ‘n gladder aanlyn ervaring aan ons studente te bied.”

Verder het die lees-ontwikkelingsentrum gesê dat enige NWU-student enige tyd tydens hul studies by die gratis leesprogram kan aansluit. Dit is ‘n program waaraan studente, op hul eie pas, kan deelneem. Toegang tot die program kan vanaf enige plek en op enige toestel met internet konneksie verkry word. Studente kan vir die lees- ontwikkelingsprogram inskryf deur die skakel op die leesontwikkeling-webwerf te volg. “Die lees- ontwikkelingsprogram, wat regdeur die jaar aangebied word, poog om studente teen ‘n vinnige pas te leer lees terwyl ‘n uitstekende begrip gehandhaaf word.”

“As ‘n eerstejaarstudent wil ek graag die leeslaboratorium bedank. Ek het eers gesukkel en kon nie vinnig lees nie, maar het goeie vordering gemaak deur die leeslesse,” sê ‘n anonieme student oor die leesontwikkeling-sentrum. Dié student se leesspoed het verdriedubbel en hul begrip het binne drie maande verdubbel.

Studente word aangemoedig om by die leesontwikkelingsprogram aan te sluit om hul leesvaardighede op ‘n makliker manier te verbeter. Die leesontwikkeling-sentrum se doelwitte is om die begrip van wat studente lees te verbeter, om die hoeveelheid van wat studente onthou nadat hulle gelees het te verhoog en om studente se studietyd te verminder.
Die program is beide aanlyn en in-persoon beskikbaar. Jy kan vir die leesontwikkelingsprogram registreer deur die kode aan die einde van die artikel te skandeer.

ENGLISH

Does your academic reading feel like an uphill battle? Don’t put your reading aside because you don’t know how or where to begin. The program at the Reading Development Centre will help you overcome these challenges.

The Reading Development Centre coordinator from the North-West University (NWU) Vanderbijlpark Campus, Jan- Paul Viljoen, called a meeting on 19 April with all three campuses’ Reading Development Centre coordinators. During this meeting, a document was drawn up and Wapad’s questions were discussed.

The Reading Development Centre said that the reading program has been a part of the Potchefstroom Campus since 2008. In 2009 the reading program also became available at the Mahikeng and Vanderbijlpark Campuses. “We have worked with the Achieve3000 literacy program since 2021 to create a smoother online experience for our students.”

The Reading Development Centre further said that any NWU student can join the free reading program anytime during their studies. It is a program where students can take part at their own pace. Students can access the program anywhere with any device that has an internet connection. Students can enroll in the reading program by following the link on the Reading Development Centre’s website. “The reading development program, which is offered throughout the year, aims to help students learn to read at a faster pace while maintaining excellent comprehension.”

“I really want to thank the reading centre. At first, I struggled with reading and could not read fast, but I made a lot of progress through the reading lessons,” says one anonymous student. This student’s reading speed tripled and their understanding doubled within three months.

Students are encouraged to join the reading development program to improve their reading skills more easily. The Reading Development Centre’s goals are to improve students’ understanding of what they read, as well as to increase the amount of what students remember after reading, and ultimately to reduce students’ study time.

The program is available online and face-to-face. You can register for the reading development program by scanning the code at the end of the article.

 

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%