News

STUDENTE SKRIKKERIG VIR RYSMIERBULTPAD

todayJuly 22, 2024 19 1

Background
share close

Shanell Binedell

@shanell_lalala

Studente wat tussen Pretoria en Potchefstroom reis maak graag gebruik van die Rysmierbultpad wat hulle dan tot by die N14 ry. Die groot gevare van die pad is die vele slaggate en karre wat trokke verby vat as dit nie heeltemal veilig is nie. Studente het onlangs skrikkerig geraak en begin om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Danzel Faber, ʼn student wat al sedert 2021 die pad ry, verduidelik: “Ek het onlangs besluit om liewers van die N12 gebruik te maak, omdat ek baie ongelukke gesien het, die trokke net te veel raak en bloot omdat ek onveilig gevoel het. Ek voel baie veiliger op die N12 en sien minder ongelukke.”

Baie ongelukke is opgeteken in die omtrek van die Rysmierbultpad. “Een persoon is oorlede nadat twee voertuie op die Rysmierbult pad in ʼn botsing betrokke was. Die ongeluk het ongeveer 20:40 Vrydagaand, 19 April plaasgevind. Die ongelukstoneel was ongeveer 45 km buite Potchefstroom,” het die Carletonville Herald berig.

In November 2023 was daar nog ʼn geval waar ʼn 31 jare man om 20:00 beheer oor sy kar verloor het en ernstige beserings opgedoen het. Dit is slegs twee van die onlangse voorvalle op die bekende roete.

Martine Degener, ʼn student wat gereeld tussen Potchefstroom en Pretoria reis, verduidelik dat sy “belis nie veilig voel met al die slaggate, enkelbane en stories van kapings nie.”

Dit is belangrik dat studente hulle veiligheid eerste stel en vermy om die pad in die donker te ry, asook om langs die pad te stop. Studente word aangeraai om iemand in die omtrek in kennis te stel van die roete wat hulle besluit om te ry. Dit is ook belangrik om enige onreëlmatige aktiwiteite te rapporteer en op die uitkyk te wees vir slaggate in die pad.

Die Automobile Association raai aan dat ʼn mens slegs in ʼn padwaardige kar reis, jou waardevolle items in jou kattebak hou sodat dit nie ooglopend is nie, ander karre waarneem en altyd jou veiligheidgordel vasmaak.

*Hooffoto dien slegs as voorbeeld en is nie die Rysmierbultpad nie.

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%