KOFFIEKROEG-KENNIS: ROOSMARYN
Nica-May van Zyl @n.i.c.a.vz_12_ In die hartjie van Die Koelte Tuin in Paryslaan pronk die beste koffiewinkel in Potchefstroom, só bekroon deur Mooivaal Media. Tydens vanjaar se Best of Potch: Readers’ Choice Awards is Roosmaryn as die beste koffiewinkel en ontbytplek in Potch benoem. Wapad het gaan inloer om dít op die proef te stel. Atmosfeer By Roosmaryn het ek ʼn aangename atmosfeer ervaar. Binne word die tafels om ʼn […]