PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Christinet Zaal
@christinetzaal
Translation follows soon
Music Café huisves al sedert 2004 talle Potchefstroom-studente se kosbaarste herinneringe. In Oktober vanjaar vier hierdie ikoniese kuierplek op die hoek van Albert Luthulistraat sy 20ste verjaarsdag. Daar word groot feesvieringe vir hierdie mylpaal beplan.
Volgens Musics se eienaar, Willem du Plooy, het hierdie gewilde kuierplek in die afgelope 20 jaar se teikenmark ’n bietjie verander… maar dat dit al vir jare ’n toonbeeld van Potch studentelewe was. Willem verduidelik: “My fokus was eers om die dames van Potch veilig en gemaklik te laat voel. Ons mark was eers meer divers – beide ouer kliënte en studente, maar in die afgelope paar jaar het ons meer op studente begin fokus.”
Dorpie Dans, ’n inisiatief geskep deur local band Die Piesangskille, tesame met Music Café, beloof om ’n geleentheid soos g’n ander te wees. Dorpie Dans bied ’n splinternuwe ervaring met gunstelinge soos Ou Tekkies, Chris Steyn, Die Piesangskille en Early B. Dit vind op 2 Oktober by Music Café plaas.
Damon Hamman, bemarker vir Music Café betrokke by die reëlings, het meer verduidelik oor die geleentheid: “Ons wou ’n event Potch toe bring wat die studentelewe bevorder. Alles is local, van die kunstenaars tot die stigters en organiseerders. Dis deur Potch, vir Potch.”
Volgens Hamman kan studente nie net hoë gehalte vermaak verwag nie, maar ook ’n unieke ervaring: “Ons beplan om hierdie event te laat uitstaan. Visually gaan dit iets heeltemal nuut wees. Van hoe alles uiteengesit is, tot die manier wat kunstenaars met die crowd werk. Ons wil dit interactive maak. Dis nie die tipe event waar jy net staan en kyk hoe mense sing nie.”
Die naam, Dorpie Dans, het ook ’n storie daaraan gekoppel. Die stigters het eers Stromersdans oorweeg. Die langtermynplan was om in ander dorpe ’n Stromersdans te hou en sodoende vir mense ’n geleenthied te bied om die Potch kuier-kultuur te ervaar. Uiteindelik het Dorpie Dans egter beter gewerk. Die langtermynplan is steeds om in verskeie dorpe ’n Dorpie Dans te hou, maar vir nou bly die fokus op Potchefstroom. Die hoop is om Dorpie Dans ’n jaarlikse instelling by Music Café te maak.
Hamman verklap ook dat Music Café gedurende die resesperiode ’n nuwe baadjie gaan aantrek, en dat studente moet uitkyk vir veranderinge wanneer hulle terugkeer. Die uitbreiding van Music Café was ook vir Du Plooy, die eienaar, ’n hoogtepunt van Musics se 20 jaar. Volgens Du Plooy wou hy al van die begin af ’n deck op gesit het. Na 18 jaar het sy droom uiteindelik ’n werklikheid geword toe die deck in 2022 voltooi was.
“Die week van 30 September – 5 Oktober is ’n homage aan Music Café se 20 jaar,” verduidelik Hamman verder. “Die hele week gaan ’n tipe golden week wees, met verskeie specials gedurende die week, en die bekende Musics Touchies op Saterdag, 5 Oktober,” noem hy.
Early bird kaartjies vir Dorpie Dans beloop R100. Kaartjies kan op Dorpie Dans se webtuiste gekoop word by www.dorpiedans.co.za. Alternatiewelik is inligting op die amptelike Instagram-blad beskikbaar, @dorpiedans, of op Music Café se Instagram-blad, @musiccafepotch.
Music Café voor die opknappings in 2022. [Bron: Damon Hamman]
Teksversorging deur Simoné de Witt
Written by: Wapad
Post comments (0)