News

DEGENAAR PRAAT OOR DIE NA-SKOK VAN ‘N TRAGEDIE

todayOctober 29, 2024 779 71 5

Background
share close

Shanell Binedell

@shanell_lalala

Translation follows soon

 

Dit is twee jaar sedert die kop-aan-kop ongeluk ‘n leemte in Vergeet-My-Nie en Wanda Dameskoshuis se gange gelos het. Op 28 Oktober het Janke Coetzer twee vriendinne, Martine Degenaar en Odine, huistoe genooi na haar tuiste in Jan Kempdorp. Die naweek was beskryf as rustig; hulle het gebraai, tennis gespeel, koek gebak en het Janke se nefie se verjaarsdag gevier.

 

Die ongeluk het oppad na ‘n restaurant gebeur. Degenaar vertel dat sy nie die pad presies kan onthou nie of wanneer presies hulle uitgegaan het nie. Die ongeluk het gebeur oppad Hartswater toe, toe ‘n man onder die invloed ‘n ander motor wou verby vat en die oomblik wat volg in ‘n kop-aan-kop ongeluk ontaard het. Drie passasiers was in die een motor op die toneel dood verklaar, sowel as Janke Coetzer, Lize Coetzer en Odine. Janke Coetzer was die bestuurder en kan beskryf word as ‘n baie verantwoordelike mens. Degenaar was in die passasier sitplek en Albie Coetzer, Janke se nefie, het in die middel gesit, wat bygedra het tot sy verskriklike beserings en lang besoek in die hospital.

 

Degenaar was deur ‘n helikopter vervoer na Kimberley Hospitaal, waar sy 2 weke gebly het. Degenaar het verskeie beserings opgedoen; sy het haar ribbes gebreuk wat in haar long ingesteek het, haar skedel fraktuur wat haar gedwing het om vir 8 weke ‘n nek stut te dra, en bloeding op die brein ervaar, wat haar verwar het.

 

“Toe ek wakker word, het ek gedink ek is in Graad 11 en nog op skool. My eerste gedagte was dat ek vir netbal in die hospital is.” Na Degenaar se tyd in die hospitaal was sy vervoer na Pretoria, waar sy oorspronklik vandaan is. Degenaar moes sielkundiges en spraakterapeute besoek weens die ongeluk. “Ek is baie dankbaar vir hoe goed ek herstel het, ek sukkel wel nog met my rug en my nek weens werwels wat uit plek uit is,” sê sy.

 

Degenaar sê dat alhoewel sy nie die ongeluk kan onthou nie, was dit steeds ‘n traumatiese gebeurtenis. Dit het ‘n groot leemte en verandering in haar lewe gebring. Degenaar sê ook dat sy en Janke Coetzer reeds besluit het om kamermaats te wees in hulle tweede universiteitsjaar en na die ongeluk was koshuis nooit weer dieselfde vir haar nie. “Ek het besluit om in my derde universiteits jaar in ‘n woonstel in te trek. Die koshuis het net te veel herinneringe.”

 

Degenaar vertel dat die jaar na die ongeluk ‘n baie traumatiese en donker jaar vir haar was. “Ek het verkeerde besluite geneem, ek wou net vergeet van al die seer. Ek het hopeloos te veel gekuier en my akademie het ook daaronder gelei. Die Here het my darem uit die donker gat kom red en Hy stap steeds al die pad saam my.” Degenaar sê dat sy steeds elke dag na Janke verlang, maar voel gerus om te weet dat sy in die hemel is. Degenaar sê dié jaar gaan dit baie goed met haar, sy moes baie self-refleksie doen en haar self van voor af leer ken.

 

Degenaar gaan November vir ‘n ondersoek om vas te stel wat die permanente skade na die ongeluk is. Alhoewel sy verewig met emosionele bagasie gaan rondloop, is hulle hoop vir minimale skade groot.

 

Teksversorging deur Simoné de Witt

 

 

 

 

 

 

 

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%