Arts and Entertainment

KERKSTRAAT — STUDENTE ROCK SENSASIE

todayMarch 14, 2025 59 17 5

Background
share close

Shanell Binedell

@shanell_lalala

 

Elke dorp het ‘n Kerkstraat, maar net Potchefstroom het DIE Kerkstraat. Kerkstraat, wat nou nie jou tipiese boy band is nie, maar eerder ‘n mengelmoes van verskillende talente, stel binnekort hulle eerste enkelsnit, “Val,” vry.

 

Die band bestaan uit Christo Franken, as baskitaarspeler en hoofsanger, Francois Viviers, ritme kitaar en vocals, Jason Coetsee, hoofkitaarspeler en Caleb Bediako, drommer en deur die groep geterg as ‘n backup danser.

 

Die groep beskryf hulle musiek as Afrikaanse alternatiewe rock. “Daar is absoluut ‘n mark daarvoor, en ons musiek maak nuwe deure oop,” sê die band self. “Ons maak musiek vir onsself, geïnspireer deur legendariese bands soos Led Zeppelin en Metallica, wat nie noodwendig crowd pleasers is nie,” voeg Viviers by. Viviers, wat ritme kitaar speel en vocals doen, sê die naam dra baie sentimentele betekenis vir hom. Hy vertel dat hy sy pa op ‘n jong ouderdom verloor het en dat hulle destyds in Kerkstraat gebly het, wat nou Walter Sisulu is.

 

Die groep het eenvoudig ontstaan omdat elke lid ‘n liefde vir spesifiek rock musiek het. Hulle sê self dat, as dit die geval is, hulle graag dit as ‘n beroep wil doen, alhoewel die meeste van hulle grade studeer wat glad nie verband hou met hulle musiektalent nie. Hulle skryf self hulle musiek en het al reeds 8 liedjies wat wag vir die publiek om gehoor te word, en het selfs die stamp of approval van Francois Van Coke gekry.

 

Alhoewel “Val” eers in April op Apple Music en Spotify beskikbaar sal wees, kan jy Kerkstraat by First Saturdays by Snowflake sien, sowel as by die Bok Van Blerk Show op 28 Maart, Jool Biertuin, en Big Prims. Hulle is ook baie dankbaar aan Albert, Snowflake eienaar wat met die First Saturdays weer live musiek in Potchefstroom inbring.

 

“Ons sal nie compromise waarvoor ons lief is nie, ons is lief vir musiek,” sluit Viviers af.

 

Teksversorging deur Simoné de Witt 

 

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%