PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Shanell Binedell
@shanell_lalalal
Emmarentia Dam het op 2 Augustus gegons van opwinding toe duisende Afrikaanse musiekliefhebbers saamgetrek het vir die 2025-uitgawe van Liefde by die Dam. Dié geliefde musiekfees, wat sedert 2016 gehore betower, het vanjaar nuwe hoogtes bereik – en met groot redes.
Met die Flying Fish-verhoog as toneel, het van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse kunstenaars die skares vermaak. Kaartjies was binne drie ure uitverkoop, en sosiale media het gebrand van mense wat desperaat probeer het om nog hul hande op ‘n kaartjie te lê.
“’n Fees waar jy jou eie taal op só ‘n groot skaal kan vier, is iets besonders,” sê ‘n feesganger Mel Steinberg. “Dit gaan nie net oor die musiek nie – dis kultuur, gemeenskap, en ‘n gevoel van behoort.”
Wat hierdie fees nog meer uniek maak, is die impak buite die musiek. Volgens Pierre Greeff, een van die hooforganiseerders en lid van Die Heuwels Fantasties, word komberse wat feesgangers agterlaat, jaarliks aan die organisasie Moeggesukkel geskenk – ‘n projek wat ondersteuning bied aan mense in nood. Meer oor hulle werk kan gevind word op moeggesukkel.co.za.
Volgens ‘n persverklaring deur Mediabook, het ongeveer 15 000 mense vanjaar se fees bygewoon. Greeff beskryf die dag as: “Sonnig, besig, vlot en vol liefde en gees. Seker my gunsteling een nog!”
Buiten goeie musiek en vermaak het organisasies soos Flying Fish, ZARbet, NAKED en Webuycars kompetisies aangebied en Kyknet het selfs vir jong meisies die kans gegee om die bekende reeks OP my Eish! te oudisie by die fees.
Die kunstenaars wat die jaar op die verhoog duisende mense vermaak het was; Wilma van Heerden, Henru & Scwabie, Eloff, Jay, Appel, Karlien van Jaarsveld, Danny Smoke, Die Piesangskille, Kurt Darren, Robbie Wessels, Riaan Benadé, en Die Heuwels Fantasties. Jack Parow, Francois van Coke en Early B was ook deel van vanjaar se program, sowel as Bobby Van Jaarsveld, Bobbejan en Van Pletzen.
As jy dit gemis het – sit dit nou al in jou kalender vir 2026. Jy wil nie weer agterbly nie!
Teksversorging deur Simoné de Witt
Written by: Wapad
Post comments (0)