PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Chiara Dover
@chiaradoverr
Afrikaanse musiek word steeds gedink as boere-orkeste, trekklaviere en konsertina’s, maar die nuwe geslag van musikante produseer harder, hoër tempo musiek in “mengels”. Veral die einste Van Pletzen wat op Woensdag, 30 Julie 2025, lewe laat ontwaak het in Impala.
Sodra Van Pletzen die prentjie betree, is verwagtinge gestel by ‘n tekort aan staanplek, gehalte foto’s, sowel as om ‘n skaars waking te maak van die legende self. Die uniekheid en atmosfeer van Potchefstroom se Impala het toegelaat dat jy van elke hoek en kraak kon voel asof hy vir jou en jou alleen sing. Nietemin was hierdie bekende kuierplek steeds propvol en die dansvloer effens beknop, maar só dat niemand hul aand sal vergeet nie.
Mits die lang, opbouende wag vir die vroeë aanhangers, was dit die moeite werd sodra Peach Van Pletzen 22h00 die verhoog betree het. Die opvoering was, soos vorige optredes, vol energie en geesdrif, met Van Pletzen se kenmerkende slagspreuke wat Afrikaanse woorde toedraai in Engelse sinne soos “Awaken the legehness”. Die gevoel wat Van Pletzen in Potchefstroom gekweek het kan nie in woorde of beeldmateriaal vasgevang word nie. Hierdie is ‘n sanger wat met die vreemdste woorde jou steeds naby aan die mense rondom jou laat voel.
Impala het ‘n wyse besigheidsbesluit geneem om hierdie man in Potchefstroom te bring, ingedagte dat dit ‘n weeksaand was. Dit was ‘n aangename breuk van al die DJ’s wat gereeld in Impala gesien word en dit was ‘n massiewe sukses.
Aan al die studente wat van tyd tot tyd diep dink en hulself afvra: “Wat is die wese van die Van Pletzen effek dan nou eintlik?”, sal ek die volgende sê: “Só ‘n sanger kan net in sy eie terme en in sy eie taal beskryf word. Die man maak jou nie net dronk op die liefde nie, maar op die atmosfeer, ritme, wonderlikheid van die humoristiese en vreemde natuurverskynsel wat ons ken en liefhet as Van Pletzen. So, gaan altyd groot. Jy weet hoe groot.”
Teksversorging deur Liezel Immink
Written by: Wapad
Post comments (0)