Arts and Entertainment

DIE KANTOOR: ‘n VERHAAL VAN POLONIE, PAPIERWERK EN PRET

todayMay 5, 2026 33 7

Background
share close

Maruné Nel 

@muisnel14

 

Die Kantoor, ’n Suid-Afrikaanse “mockumentary” en komediereeks wat alle Suid-Afrikaners op hol het, het op 18 Januarie 2026 sy debuut gemaak op die kassie, en sedertdien het kykertalle net gegroei.

Die reeks is ’n Afrikaanse verwerking van die alombekende televisiereeks, The Office, ’n klassieke internasionale treffer wat gebruik maak van droë werksplekhumor om kykers te laat skaterlag.

Bennie Fourie, hoof draaiboekskrywer en regisseur van Die Kantoor, het bekendheid verwerf in 2017 vir sy rol as een van die hoofkarakters in die film Vuil Wasgoed. Hy het ook verskyn in verskeie ander Afrikaanse rolprente en televisieprogramme, wat hom gevestig het as ’n veelsydige kreatiewe krag in die bedryf.

Sy waardigheid  as regisseur vir komediereekse is duidelik bewys deur die sukses van Hotel, wat van 2016 tot 2022 die televisiebedryf oorheers het, asook die reeks Taktiek, wat in 2023 vlugtig ’n verskyning gemaak het op KykNET. Beide het ook natuurlik droë werksplekhumor gebaseerde tekste wat mens in afwagting los vir wat Die Kantoor moontlik kan inhou.

Die reeks speel af in ’n tipiese Suid-Afrikaanse kantooromgewing van ’n polonie-verskaffer in Klerksdorp, met karakters wat so realisties en herkenbaar is dat kykers vinnig aanklank by hulle kan vind. Van die oortollige, eintlik onbevoegde bestuurder tot die ou tannie sekretaresse wat al deel is van die kantoor se meubels, voel elke karakter asof hulle direk uit die alledaagse lewe gepluk is.

Op die Noordwes-Universiteit (NWU) Potchefstroomkampus, het Die Kantoor vinnig ’n gunsteling geword onder studente. Tussen deur klasse en onlangse semestertoetse, is dit die program wat studente bymekaar bring elke Sondagaand om 20:00 vir ’n goeie lag. 

“Ek kyk elke week saam met my kamermaat,” sê Maya Bothma, ’n tweedejaarsstudent wat LLB studeer. “Dis teen dié tyd al amper tradisie vir ons. Die program raak so baie probleme aan wat grootliks as taboe gesien word wat blootstelling verskaf deur komedie. Dis natuurlik ook die enigste uur in my week waar nie een van ons oor toetse of take stres nie. Ons sit net en geniet goeie televisie.”

Die feit dat Die Kantoor ’n plaaslike verwerking is, maak dit nog meer spesiaal vir Suid-Afrikaanse kykers. Waar die oorspronklike Amerikaanse weergawe soms verwysings het wat nie heeltemal hier tuis voel nie, voel Die Kantoor bekend. Die grappe, die situasies, die mense-mense karakters is alles so eg Suid-Afrikaans, dis amper half belaglik.

Bennie Fourie meen in ’n artikel deur Pretoria FM:  “Dit was vir ons belangrik om die reeks so eg Suid-Afrikaans as moontlik te maak. Dit is nie net ’n namaaksel van die Britse of Amerikaanse reekse nie, maar uniek aan ons land en sy mense.”

Die reeks word weekliks uitgesaai en is ook beskikbaar op verskeie digitale platforms. Of jy nou ’n aanhanger was van die oorspronklike The Office of nog nooit ’n episode in jou lewe gesien het nie, Die Kantoor is werklik vir almal.

 


Die Kantoor se hoofkarakters reg om vir almal te wys presies hoe polonie verkoop moet word (Oorsprong: Showmax).

 

Teksredigering deur Kristen Welgemoed

 

 

DIE KANTOOR: A STORY OF POLONY, PAPERWORK AND FUN

 

Die Kantoor, a South African mockumentary and comedy series that has driven all South Africans crazy, made its debut on television on 18 January 2026, and since then viewer numbers have only grown. The series is an Afrikaans adaptation of the well-known television series The Office, a classic international hit that uses dry workplace humour to make viewers laugh out loud.

 

Bennie Fourie, head screenwriter and director of Die Kantoor, gained fame in 2017 for his role as one of the main characters in the film Vuil Wasgoed. He has also appeared in several other Afrikaans films and television programmes, establishing himself as a versatile creative force in the industry.

 

His worthiness as a director for comedy series is clearly proven by the success of Hotel, which dominated the television industry from 2016 to 2022, as well as the series Taktiek, which briefly appeared on KykNET in 2023. Both of them, of course, also have dry workplace humour-based texts that leave you in anticipation of what Die Kantoor could possibly contain.

 

The series takes place in a typical South African office environment of a polony supplier in Klerksdorp, with characters that are so realistic and recognisable that viewers can quickly relate to them. From the overbearing, actually incompetent manager to the old auntie secretary who is practically part of the office furniture, every character feels as if they have been plucked straight from everyday life.

 

At the North-West University (NWU) Potchefstroom campus, Die Kantoor quickly became a favourite among students. Between classes and recent semester tests, it is the programme that brings students together every Sunday night at 20:00 for a good laugh.

 

“I watch it every week with my roommate,” says Maya Bothma, a second-year LLB student. “By now, it’s almost a tradition for us. The show tackles so many issues that are largely seen as taboo, providing exposure through comedy. Of course, it’s also the only hour in my week where neither of us stresses about tests or assignments. We just sit and enjoy good television.”  

 

The fact that Die Kantoor is a local adaptation makes it even more special for South African viewers.

 

Where the original American version sometimes has references that don’t quite feel at home here, Die Kantoor feels familiar. The jokes, the situations, and the everyday person characters are all so genuinely South African – it’s almost half ridiculous. Bennie Fourie says in an article by Pretoria FM, “It was important for us to make the series as genuinely South African as possible. It is not just a copy of the British or American series, but unique to our country and its people.”

 

The series is broadcast weekly and is also available on various digital platforms. Whether you were a fan of the original The Office or have never seen an episode in your life, Die Kantoor is truly for everyone.

 

Die Kantoor’s main characters are ready to show everyone exactly how polony should be sold (Source: Showmax).

 

Translated by Simoné de Witt

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%