Arts and Entertainment

GLASKAS VIND HUISVES IN AFRIKAANS

todayJuly 17, 2024 15

Background
share close

Jóreke Kleynhans

@joreke.kleynhans

Op Vrydag, 25 Februarie, het Glaskas en Spoegwolf by die Snowflake Venue in Potchefstroom opgetree. Wapad het met Deon Meiring, hoofsanger van Glaskas, gesels oor Afrikaans, inspirasie en sy verhouding met Spoegwolf.

Deon het as kind begin musiek skryf, met die doel om homself uit te druk. Hy het Glaskas in sy hoërskooldae gestig. Sedertdien skryf hy al die lirieke en musiek wat hulle vrystel, waarna hy saam met klankvervaardigers werk om die finale produk te skep en af te rond.

Soos baie skrywers put Deon die meeste van sy inspirasie uit sy eie ervaring. “Maar deesdae voel ek half verveeld met my eie lewe,” vertel hy. Daarom hou hy daarvan om sprokies, wêreldgebeurtenisse en selfs nuus by sy kuns te inkorporeer.

Verder noem hy dat Koos Kombuis die eerste kunstenaar was wat aan hom bewys het dat ’n mens wel op ’n alternatiewe manier in Afrikaans kan deel wat jy te sê het. Hy het vir Deon laat besef dat daar nie ’n gietvorm vir Afrikaanse kunstenaars is nie.

“Ek het eers in Engels begin skryf, want dit is maar waaraan mens die meeste in die media blootgestel word. Die oomblik wat ek in Afrikaans begin skryf het, was dit asof iets nuut skielik sin gemaak het. Dit is die eerlikste ding wat ek kan doen – om in Afrikaans te skryf.”

Dit is juis iets waarin Deon en die lede van Spoegwolf by mekaar aanklank vind. Dié groep het egter meer as net ’n werksverhouding. Volgens Deon kan hulle saam optree, maar net so ook saam braai en kuier. Hy koester hierdie vriendskap, omdat hul leefstyl oor die algemeen van ander mense s’n verskil. Hy noem dat dit skaars is om met ander te kan vereenselwig op daardie vlak.

Toe Wapad vir Deon vra oor sy onlangse optredes, sê hy opgewonde: “Dit voel of my drome weer van voor af waar word elke keer wat ek op stage gaan. En ons hoop om binne die volgende paar maande nuwe musiek vry te stel!”

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%