Arts and Entertainment

WAPAD WENKE: HOE OM VROEËR OP TE STAAN

todayAugust 14, 2024 46 1

Background
share close

Nica-May van Zyl 

@_nica_22_

English follows Afrikaans

 

Die spreekwoord lui: “Vroeg uit die bed maak die beursie vet.” Dit is alles goed en wel, maar hoe staan jy vroeër op as jy nie ʼn oggendmens is nie? Voel jy ook dat jou dag te kort is omdat jy die helfte daarvan verby slaap? Wapad het ʼn paar wenke saamgestel om jou te ondersteun met ʼn goeie nag se rus sodat jy ook in die oggende vroeër en varser uit die bed uit kan spring. 

Gaan slaap vroeër

Vir jou om vars op te staan moet jy ʼn voorgestelde minimum van 7 ure ʼn aand slaap. Hoe vroeër jy gaan slaap hoe makliker sal dit vir jou wees om vroeër op te staan.

Jy moet dink aan vroeër opstaan as ʼn nuwe stokperdjie wat jy wil beoefen. Dit gaan nie oornag gebeur nie. Stel jou wekker met ʼn geleidelike twintig minute vroeër as waaraan jy gewoond is en probeer om nie jou wekker te snooze nie. 

Hou by ʼn gereelde slaaproetine 

Volgens Maroela Media kan jy vir jouself ʼn natuurlike slaaproetine skep deur om elke aand op dieselfde tyd te gaan slaap en elke dag op dieselfde tyd op te staan. Dit sal jou gehalte slaap verbeter omdat jou sirkadiese ritme (natuurlike horlosie) nie versteur word nie. 

Dr Claire Kenneally, raad-gesertifiseerde slaapspesialis by die Chicago Sleep Center het aan Glamour gesê dat ʼn mens moet probeer om oor ʼn naweek dieselfde tyd wakker te word as wat jy in die week wakker word.

Sy het voorgestel dat ʼn mens nie ʼn groter verskil as dertig minute tussen jou weeklikse opstaantyd en naweek opstaantyd moet hê nie. “Die versuiming daarvan kan negatiewe nagevolge op jou gesondheid en doelstelling om vroeër op te staan hê,” het sy gesê. 

Beperk die inname van kafeïen en alkohol voordat jy gaan slaap

Amerikaanse kenners het in hul studie How to Wake Up Early: 7 Expert-Tested Tips gesê dat die inname van kafeïen en alkohol ʼn paar ure voordat jy gaan slaap jou slaap kan versteur. Versteurde slaap veroorsaak dat jy nie vars voel wanneer jy wakker word nie, wat ook sal maak dat jy langer wil inlê. 

Word wakker met meer vitamiene D

Volgens Maroela Media het die Sleep Health joernaal in 2017 ʼn studie met 81 werknemers gedoen. Die werknemers het ligtoestelle vir ʼn week lank gedurende die somer en winter gebruik. Diegene wat baie oggendlig ontvang het, het beter geslaap.

Dr Afifa Shamim-Uzzaman, ʼn medeprofessor aan die Universiteit van Michigan en die direkteur van die Ann Arbor Slaapversteuringssentrum in Amerika het gesê dat sonlig help om jou interne horlosie te reguleer deur die slaapregulerende hormoon melatonien te onderdruk. 

“As jy in ʼn plek woon waar dit in die oggende donker is, kan ʼn breëspektrumlig gebruik word om sonlig na te boots en jou liggaam te help om meer waaksaam te voel,” het Shamim-Uzzaman verduidelik.

Om vroeër op te staan is ʼn proses, so wees geduldig. Iewers tussen meer son, ʼn goeie slaaproetine en minder koffie voordat jy gaan slaap, word jy dalk ʼn vroeg opstaan boffin. Dalk net word jou beursie vet, met jou vroeër en vinniger uit die bed. 

Teksversorging deur Danica Nortjé

 

WAPAD TIPS: HOW TO WAKE UP EARLIER

 

The saying goes: “The early bird catches the worm.” That’s all well and good, but how do you get up earlier if you’re not a morning person? Do you also feel that your day is too short because you sleep half of it away? Wapad has compiled some tips to support you with a good night’s rest so you can also jump out of bed earlier and fresher in the mornings. 

Go to bed earlier

For you to get up feeling fresh, you need to sleep a suggested minimum of 7 hours a night. The earlier you go to bed, the easier it will be for you to get up earlier.

You should think of getting up earlier as a new hobby that you want to pursue. It’s not going to happen overnight. Set your alarm clock twenty minutes earlier than you are used to, and try not to snooze your alarm clock.

Stick to a regular sleep schedule 

According to Maroela Media, you can create a natural sleep routine for yourself by going to bed at the same time every night and getting up at the same time every day. This will improve your quality of sleep because your circadian rhythm (natural clock) is not disturbed. 

Dr Claire Kenneally, sleep specialist at the Chicago Sleep Center, told Glamour that you should try to wake up at the same time as you wake up in the week over a weekend.

She suggested that you should not have a greater difference than thirty minutes between your weekly wake-up time and weekend wake-up time. “Failing to do this can have negative consequences on your health and your goal of getting up earlier,” she said.

Limit caffeine and alcohol intake before going to bed

American experts said in their study “How to Wake Up Early: 7 Expert-Tested Tips” that consuming caffeine and alcohol a few hours before going to bed can disturb your sleep. Disturbed sleep causes you to not feel fresh when you wake up, which will also make you want to lie in longer. 

Wake up with more vitamins D

According to Maroela Media, the Sleep Health Journal conducted a study with 81 employees in 2017. The employees used light fixtures for a week during the summer and winter. Those who received a lot of morning light slept better.

Dr Afifa Shamim-Uzzaman, an associate professor at the University of Michigan and the director of the Ann Arbor Sleep Disorder Center in America, said that sunlight helps regulate your internal clock by suppressing the sleep-regulating hormone melatonin.

“If you live in a place where it’s dark in the mornings, a broad-spectrum light can be used to mimic sunlight and help your body feel more alert,” Shamim-Uzzaman explained.

Getting up earlier is a process, so be patient. Somewhere between more sun, a good sleep routine, and less coffee before going to bed, you might become an early-rise boffin! 

Translated and edited by Simoné de Witt

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%