CANVAS 2025: PERFEKTE PARADOKS
Wilma Ernst @_wilhalmiena_ernstig_ “Kuns was nie veronderstel om mooi te lyk nie, dit was veronderstel om jou iets te laat voel.” Dié woorde van die skrywer Rainbow Rowell, beskryf hierdie jaar se Canvas Aksie tema ‘Perfekte Paradoks’, heel doeltreffend. Canvas, die alombekende kunste aksie wat dié jaar deurnag plaasgevind het van die 21ste tot die 22ste Februarie, was weereens ‘n groot sukses. Die atmosfeer, wat gevul was met oordowende musiek, gaskunsenaars, dansers en aanmoedigende koshuis krete, het verseker dat daar iets vir almal was […]