KAMPUSTONEEL 2025: EMOSIONEEL EN TRAGIES
Wilma Ernst & Shanell Binedell @_wilhelmina_ernstig_ @shanell_lalalal Emosie en ellende. Tragedie en trane. Lagwekkend en legendaries. Dít is tog toneel. Kampustoneel het vanjaar vanaf 21 tot 25 Julie in die Sanlam Ouditorium plaasgevind. Hierdie jaar is daar gespog met minstens vyf-en-twintig toneelstukke. Juis as gevolg van dié aantal ingeskrewe enkel- en sleeptonele, het vertonings vróég begin en talle toneelliefhebbers en koshuis ondersteuners tot laat in die aand wakker gehou. Waar Kampustoneel 2024 deur Wapad skrywer, Nica-May van Zyl, […]