Arts and Entertainment

DORPIE DANS: VRUGTESLAAI IN MUSICS

todayOctober 22, 2025 9

Background
share close

Amari Marè & Abygail Smit 

@abysmit06 & @amari.mare

 

As jy aan Music Café dink, dink jy dadelik aan karaoke-aande, hulle bekende brandewynjugs en Die Piesangskille. Wat is beter as ‘n aand met al dié en nog meer. Dorpie Dans het plaasgevind op 15 Oktober 2025 by Music Café. Die skare het saam met die kunstenaars losgeslaan en die atmosfeer laat bruis.

 

Dorpie Dans se tema was vrugte en helder kleure wat jou siel wakker maak. Die skare was hul eie helder kleurige vrugteslaai met verskillende kleure, geure en snitte om die aand lewe te gee. Om die tema mooi uit te beeld, het die MC ‘n ronde, opgeblaaste pers bloubessiepakkie aangehad wat die skare in hul noppies gehad het. Die bloubessie was nie net ‘n snaakse prentjie nie, maar het ook goedjies verniet uitgedeel. Die MC was so wakker soos ‘n akker wat die gehoor betower het.

 

Die aand het begin met Perspektief, die wenners van Battle of the Bands, wat bekende covers gesing het met hul eie draai om steeds hul stemme en talente te weerspieël. Alhoewel hulle baie covers gesing het, het hulle ook twee oorspronklikes met die gehoor gedeel.

 

Music Café hou karaoke-aande op ‘n gereelde basis en het beslis agtergekom wie van die kunstenaars fan favourites is. Karlien van Jaarsveld was soos ‘n magneet wat vrouens en mans binne minute na die verhoog getrek het. Sy het van haar ou musiek gespeel, van toe sy nog in haar vorige band, Revolusie, was. Die skare het nie teleurgestel nie en elke woord harder as sy gesing. Fone is met die spoed van witlig uitgehaal om die oomblikke vas te vang. Hierdie was die tipe musiek wat die ouer generasie teruggebring het na hul studentejare, waar hulle op die tafels kon dans en net ‘n bietjie kon leef.

 

Wat is ‘n vrugteslaai sonder Die Piesangskille? Hierdie band het ‘n bietjie plaaslike kultuur ingebring vir die meisies met Converse en die Diepseeduikers. Die skille het ‘n diep begrip vir studente, seker omdat hulle eerstehandse ervaring het

.

Drie woorde, een mens: Bok van Blerk. Die Afrikaner in elke Engelsman het uitgeklim toe daardie man begin sing het. Almal saam as een stem, hande op hul harte, het die woorde uitgevloei.

 

Early B se ritme het die bure wakker gehou en Musics laat hop. Met sy mengsels het hy die aand afgesluit met sy bekende liedjies wat die bywoners van Dorpie Dans laat skud het. Early B is natuurlik ‘n gunsteling onder die studente en soos altyd het hy nie teleurgestel nie.

 

Moenie die volgende een mis nie! Kom dans jou dans by Dorpie Dans, want dit gaan net beter en groter wees.

 

Foto van die skare by Dorpie Dans (Bron: Sheldon Spear)

 

Geredigeer deur Mignon Walters

 

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%