PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Mariska Bolleurs
@mariska.bolleurss
Potchefstroom is ’n opwindende dorp propvol studentebedrywighede en laatnag baljaardery. Tog, is daar wel ’n donker kant van die veelsydige “studente-ervaring”.
Alhoewel dit moeilik is om te bepaal hoeveel studente gedurende hulle tyd op die Noordwes Universiteit (NWU) Potchefstroom-kampus aan dwelms blootgestel word, reken die American Addiction Centre (AAC) dat ten minste twee uit elke vyf jongmense in die afgelope jaar ’n onwettige dwelm gebruik het. So, watter gevaarlike dwelms is ‘in’ hierdie jaar, hoe word hierdie dwelms herken en hoekom moet ’n mens eerder weg bly?
Drie drie groot C’s: Cocaine, Crack en Crystal Meth
Kokaïne word meestal geken as ’n ‘rykmansdwelm’ aangesien die straatwaarde daarvan tans R600 per gram is. Werner Klokow, afgetrede senior offisier van die South African Army Specialist Infantry Capability (SAASIC) vertel dat dit ’n wit poeier is wat van ’n oppervlakte af gesnuif word. “Dit gee ’n on-top-of-the-world gevoel wat sowat 20 minute duur en neig om mense arrogant te maak,” vertel hy. Kokaïene is ’n dwelm wat die beloningsgedeelte van die brein stimuleer. ’n Enkele keer se gebruik van dié dwelm veroorsaak dat mens onmiddelik weerstand daarteen begin opbou. “Dis baie maklik om daaraan verslaaf te raak,” sê Klokow. Kokaïene veroorsaak ’n styging in hartklop en bloeddruk, asook sekresie vanuit die adrenale kliere.
Kokaïen-kristalle word Crack genoem. Dit gee vir ’n gebruiker ’n wonderlike gevoel, maar is nóg meer verslawend as kokaïne. Anders as kokaïne word die kristalklippies stukkend gedruk en gerook. “Die ervaring van Crack is amper ’n euphoria, maar gaan gewoonlik gepaard met paranoia,” verduidelik Klokwo. Crack se moontlike newe-effekte is vernoude are, vergrote pupille en ’n styging in liggaamstemperatuur, hartklop en bloeddruk.
Crystal Meth is ’n potente dwelm wat die sentrale-senuweestelsel aantas. Dit word meestal deur ’n buis en ’n strooitjie gerook. Gebruikers voel ’n oorweldigende toename in selfvertroue en energie, maar hoe hoër die dosis van die dwelm, hoe gevaarliker raak dit. Gereelde gebruik van Crystal Meth verswak die immuunstelsel en veroorsaak ’n toename in kolesterol, wat die kanse van hartversaking vergroot.
LSD (Acid)
Acid kom gewoonlik in die vorm van ’n klein blokkie wit papier wat onder die tong in die bloedstroom oplos. Die dwelm het geen reuk of smaak nie en verseker ’n 12 uur trip. Acid is ’n hallogeniese dwelm, wat beteken dat dit die gebruiker dinge laat sien, voel, ruik, hoor of proe wat nie werklik daar is nie. Hierdie dwelm kan jou ook naar maak, bloedsuiker verhoog, insomnia veroorsaak, verlies aan eetlus teweeg bring en bewerigheid veroorsaak.
Heroïne
Heroïne kan gerook of ingespuit word. Die inspuit van heroïne in die bloedstroom is baie gevaarlik, omdat dit maklik is om ’n oordosis te neem of siektes te versprei deur gedeelde naalde. Ongeag van hoe hierdie dwelm geneem word, bereik dit baie vinnig die brein en is dit baie verslawend. Net nadat dit gerook of ingespuit is, kry gebruikers ’n oorweldigende gevoel van geluk en daarna voel dit “of die wêreld stadiger beweeg.” Heroïene veroorsaak dat die liggaam pynboodskappe blokkeer en vertraag hartklop en asemhaling.
Over-the-counter (OTC) drugs
Die oue gebruik van Ritalin en energiedrankies, veral tydens akademies veeleisende tye van die jaar, is ongelukkig steeds algemeen onder studente. Ritalin, voorskrifmedisyne vir die behandeling van ADHD, saam met ’n stimulant soos Monster of Red Bull, is meer gevaarlik as wat meeste studente aanneem. Lien Nel, ’n oud intensiewe sorg en ongevalle suster, sê dat hierdie mengsel die brein soos ’n kersboom verhelder. “Jy verloor trek van tyd, jy kom nie agter jy is honger, dors of moeg nie. Studente binge leer gewoonlik en teen die derde dag verval hulle in ’n soort delirium. Hulle het nie meer ’n sense of reality nie.”
Nel vertel dat die werklike gevaar kom wanneer studente, gewoonlik na die eksamen, van die mengsel afgaan. “Hulle slaan ’n laagste laag. Hulle is gewoonlik beyond oormoeg, gedehidreer en hul lywe kan nie meer normaal funksioneer nie. Daar is ongelukkig al studente daarvan dood en meeste mense is nooit weer dieselfde nie.”
Dwelms is ongelukkig steeds ’n nare realiteit van die moderne era en blyk of dit al hoe makliker raak om in die hande te kry. Dit is daarom belangrik om te weet hoe om hierdie dwelms te herken en ingeligte besluite te kan maak oor die gebruik daarvan.
Home Detox South Africa (HDSA) bied beskeie hulp vir enige iemand met dwelmverwante gewoontes. Hul hulplyn is 24 uur beskikbaar en bied ook raad: 087 550 1938
Written by: Wapad
Post comments (0)