PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Shanell Binedell
@shanell_lalala
Ou Tekkies, een van Potchefstroom se vele studentesanggroepe, het in 2023 hulle eerste album, Windverwaaid, vrygestel. Tog, is Ou Tekkies reeds lank bekend onder Potchefstromers vir hul covers, originals en optredes by vele feeste en geleenthede regoor die land.
So uniek soos wat die naam “Ou Tekkies” is, weet selfs die groeplede nie waar die naam vandaan gekom het nie. Ou Tekkies beskryf hul musiek as ʼn mengsel van alternatiewe en popmusiek.
Ou Tekkies bestaan uit drie lede van Patria manskoshuis; Bertus Buitendach, Christo Franken en Kobie Van Wyk. Dié ouens het vriende in die koshuis geword en besef dat hulle almal van musiek hou. Hulle het Ou Tekkies in 2021 gestig. Ou Tekkies se inspirasie kom van die lede se verskillende musieksmake en studievelde. Buitendach is tans besig met sy meestersgraad in datawetenskap, Franken studeer ingenieurswese en Van Wyk voltooi sy honneursgraad in risikobestuur.
Hulle het twee jaar lank musiek gemaak voor hul eerste vrystelling by bekende konserte soos Patria July, Octoberfest en Marula Boksaand.
Die sanggroep skryf in hul koshuiskamers, woonstelle, by die see of selfs in die bos aan hul musiek. Ou Tekkies het gesê dat hulle dankbaar is vir Patria wat hulle so baie ondersteun, hul koshuisbroers daag altyd by optredes op.
Ou Tekkies is nog nie deur ‘n platemaatskappy geteken nie, maar aanhangers kan hulle Instagram @ou_tekkies_ dophou vir nuwe vrystellings. Ou Tekkies noem dat alhoewel hulle nog onseker is oor wat die toekoms vir hulle as groep inhou, geniet hulle dit om in die oomblik te lewe. Hulle vat elke dag soos dit kom.
“Ons maak musiek omdat dit lekker is en dit nie soos werk voel nie, ons jol wanneer en wat ons wil,” het hulle gesê.
Written by: Wapad
Post comments (0)