Arts and Entertainment

SEMI-SOET NOU OP DIE VERHOOG!

todayFebruary 7, 2025 49

Background
share close

Shanell Binedell

@shanell_lalala

 

Semi Soet, die fliek wat in 2012 uitgesaai was, maak na 13 jaar sy verskyning as ‘n musiekblyspel. Die romantiese komedie het beslis in ‘n hele paar Afrikaanse harte ingekruip en is nie ‘n fliek om maklik te vergeet nie. Die perfekte kombinasie van liefde, teenspoed, die gejaag na sukses en uitstekende rol vertolkers het gelei na groot sukses en menige toekennings. Die fliek spog met nominasies in die afdelings beste film, beste aktrise, beste akteur, ens.

 

Die fliek volg die verhaal van ‘n jong volwassene (Jaci) wat ‘n tipiese workaholic is. Haar enigste prioriteit bly haar werk in bemarking. Die obsessie met die beste wees lei na ‘n paar interessante keuses. Wanneer haar baas daarop aandring dat sy getroud moet wees vir ‘n groot potensiële kliënt, huur sy dan ‘n model (JP) om as haar aanstaande man voor te gee. Min weet sy dat dié sjarmante man plot om die maatskappy vir wie sy so lief is, te sink. ‘n Reeks skreeusnaakse gebeure lei tot die liefde wat blom, en Jaci se werk is nou nie meer haar enigste prioriteit nie.

 

Die musiekblyspel is ‘n Afriforum produksie en kaartjies sal binnekort beskikbaar wees op www.afriforumteater.co.za . “AfriForum Teater beloof met Semi-Soet – die musiekblyspel ’n vlagskipproduksie wat soos goeie wyn harmonieus verweef is. Teatergangers sal vermaak met topgehalte teater en oorspronklike musiek, wat afgerond word met ’n goeie dosis ligte komedie én ’n tikkie romanse,” sê Salet Smith, AfriForum Teater-bestuurder.

 

Die produksie het ou bekende Jannes Erasmus in die regisseur stoel en Alexander, wat al 22 jaar op die verhoog vermaak, is baie opgewonde oor sy rol in die toneel. “Ek kan nie wag om hierdie geliefde storie in ‘n ander formaat met gehore te deel nie. Dit is alles wat aanhangers van Semi-Soet verwag en méér,” sê Alexander.

 

Teksversorging deur Simoné de Witt

 

 

 

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%