PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Shanell Binedell
@shanell_lalala
Pieter Van Jaarsveld, wat bekend is as Bobby Van Jaarsveld, is die verskuilde man agter die rol JP in die musiekblyspel Semi-Soet. Van Jaarsveld het sy betrokkenheid glo op ‘n radio onderhoud verklap en is reeds baie opgewonde oor hulle eerste optrede in Mei.
“Ek sien baie uit daarna om weer, na soveel jare, in die teater te wees. Semi-Soet was so ‘n gewilde fliek en verseker een van my gunstelinge. Om dit nog boonop in die teater teenoor Anel Alexander te kan speel is ‘n reuse voorreg en die grootste kersie op die koek. Lank lewe teater!” verduidelik Van Jaarsveld.
Van Jaarsveld is ‘n bekende Afrikaanse sanger met verskeie enkelsnitte soos “‘n Vrou Wil Dit Hoor”, “Spieëltjie”, “So Lank Sal Ek Jou Lief Hê” en vele meer. Hy skerp egter nou sy CV op met ‘n rol op die verhoog. Van Jaarsveld het sy rolspeel debuut in 2010 gemaak in die musiekblyspel Liefling. Daarna het hy verskeie rolle aangeneem as die hoofkarakter van As jy sing, 4 seisoene in die drama Spoorloos, as ook ‘n rol in ‘n Showmax komedie, Eksie Perfeksie.
Van Jaarsveld se loopbaan het afgeskop toe hy op skool ‘n record deal aangebied is deur Theuns Jordaan Productions. Kort daarna het hy sy eerste enkelsnit “Spieeltjie” op 1 Januarie 2009 vrygestel. Hy spog met menige toekennings: Best Newcomer by Huisgenoot Tempo Awards in 2006, KYKNET DKNT gunstelling kunstenaar vir 2009, Samma toekenning vir beste kontemporêre album: Net Vir Jou, VONK Toekennings vir beste akteur, beste oorspronklike liedjieskrywer, beste Afrikaanse liedjie: Spieëltjie, en die lys gaan aan.
Van Jaarsveld sal saam Alexander die verhoog inneem om die gesogte fliek nuwe vlerke te gee. ‘n Ewe opgewonde Alexander verklaar: “Daar is darem net één man in die land wat die skoene – of sal ons sê Speedo – van Nico Panagio kan volstaan op die verhoog, en dit is Bobby. Ons was buite onsself van opgewondenheid toe hy ingestem het om saam te sing en speel in Semi-Soet – die musiekblyspel.”
Teksversorging deur Simoné de Witt
Written by: Wapad
Post comments (0)