Arts and Entertainment

DIE SUIWER SOETIGHEID VAN LIEFDE

todayFebruary 14, 2025 37 8 5

Background
share close

Shanell Binedell

@shanell_lalala

 

Die liefde blom daagliks in die strate van Potchefstroom, maar op 14 Februarie raak almal ‘n klein bietjie meer kreatief, en verlief! Passop vir Lovers’ Lane, want cupid het ‘n Red Bull of twee in en vlieg rond. Wees gewaarsku, sy pyl mag jou dalk net tref! Vandag vier ons die liefde wat hulle oorsprong kan bedank aan Potchefstroom, met huidige en ou pukkies wat hulle liefdes stories deel.

 

Loanne en Evan

Ek het my kêrel ontmoet in 2018 in graad 10 toe hy skole geskuif het. Ons was goeie vriende (ek’t niks meer as dit gedink nie en was nie regtig iemand wat ouens uitgesoek het nie – ek’t gedink my man eendag gaan donker hare hê en groen oë… min weetend dat hy blonde hare en blou oë gaan hê). Cut to einde 2019, waar ons saam in ‘n speelgoed winkel gewerk het. Hy het eendag na ons skof gereël om saam my koffie te drink. (Ek het ‘n Red Cappuccino en ‘n sny kaaskoek gehad en hy het ‘n Americano gehad). Hy het vir my gesê: “Ek hou meer van jou as wat ek voorgee.”…Eers was ek soos “Wat probeer jy sê???” Maar toe ek vir my ma vertel wat gebeur het, het sy gesê ek moet hom ‘n kans gee. Ek’t hom gebel by my spieëltafel en vir hom gesê ons kan kyk wat gebeur (terwyl my ma vir my afluister). Ons het elke dag begin praat.

 

Paar maande later (Feb 2020) het hy albei my ouers gevra of ek sy meisie kan wees. Hy het my gevat op ‘n baie romantiese piekniek gevat op sy sandduin. Hy het gevra en ek’t gesê … “Nee”. Oops! Ons het baie druk gehad van familie en vriende so ek’t gevoel ek word bietjie forseer om in ‘n verhouding in te klim met die outjie. Ons het een dag nie gepraat nie, maar hy het my genooi na sy verjaarsdag partyjie die volgende naweek.

 

Daardie naweek het hy vir my gesê, terwyl ons in hulle tuin gedans het, dat hy lief is vir my en dat hy altyd my vriend sal wees, al is ek nie lief vir hom nie. Ek’t gesmelt soos roomys in bloedige Somer hitte. Ek het in sy arms begin huil, want niemand het ooit al vir my gesê hulle is lief vir my en dit so ernstig bedoel nie.

 

Daai Maandag, het ek besef dat ek eintlik van hom hou. Die druk was af en ek kon dink oor hoe ek gevoel het. So ek’t vir hom gesê: “Ek hou meer van jou as wat ek voorgee”. Hy het my weer gevra om sy meisie te wees twee dae voor Lockdown met ‘n fotoalbum van hom as ‘n baba met fotos van ons in die agterkant.

 

Hierdie jaar is ons al 5 jaar officially saam en beplan om ons lewe saam te bou. Daar was nog nie een dag waar ons nie met mekaar gesels het nie.

 

Carina en Josua

Op my eerste proef, ontmoet ek ‘n student van ‘n ander universiteit wat ook proef saam my. Sy nooi my toe vir haar 21ste en ek ontmoet toe haar kêrel. (Spoiler alert: ons is nou getroud). Ek belowe ek het hom nie afgevry nie.

 

Die outjie was regtig koel en baie snaaks en ek vind toe uit ons altwee swot op die Puk! Ons het mekaar gereëld raak geloop op kampus en bietjie chats gebou as ons mekaar groet.

 

Fast forward drie jaar later. Ek loop in my tuisdorp rond in die mall en sien die meisie hou ‘n ander ou se hand vas! Erg geskok dink ek, ek moet dalk vir hom ‘n boodskap stuur op Messenger. Ek laat weet hom toe en hy sê dat hulle uit is en hy sal daarvan hou om met iemand daaroor te gesels.

 

Ons ontmoet toe een aand buite my koshuis en gaan sit op ‘n bankie onder die lamppaal en begin gesels. Dit was soos om ‘n lang verlore vriend te vind. Ons het oor álles en nog wat gepraat. Nodeloos om te sê, het ek heeltemal te laat gaan slaap daai aand.

 

Hy het deel van ons vriendekring gevorm, my elke dag gebel en was saam na ons Fine Things Happy Hours en Bourbons sessies toe. Laataande het hy my koshuis toe gestap en selfs een aand ‘n baie lekker soen koebaai gegee…

 

Ek’t toe vir hom gesê dat daai soen my butterflies gegee het. Hy sê toe dat hy nie ‘n rebound wil hê nie en eers heeltemal wil genees voor hy in ‘n nuwe verhouding in gaan. Ek was bietjie embarrassed en sê toe vir hom dat ek nie meer vriende wil wees nie. Hy sê toe dat ons vriende SAL bly en hy SAL aanhou om my elke dag te bel.

 

Drie maande later moet ek vir hom totsiens sê, omdat dit my finale jaar was en ek begin volgende jaar werk in Pretoria. Dit was heavy sad vir ons altwee. In die Desember vakansie bel hy my en sê toe vir my dat hy dieselfde voel, as ek hom nog wil hê…

 

Ek quote Fokofpolisiekar: “Dis al 6 (7) jaar later. En soms (altyd) voel ons nogsteeds dieselfde.”

 

Roedine en Ruan

High School Sweethearts

Ruan and I met in grade 10, but it wasn’t until the end of that year that we started to realize our friendship was blossoming into something more.

 

We had the same subjects and would often study together, but it was those late-night conversations and silly jokes that brought us closer together.

 

As we entered grade 11, our friendship turned into a romance, and everything felt right. We were each other’s rock, supporting and encouraging each other through the ups and downs of high school.

 

Now, more than 3 and a half years later, we’re still going strong! We’ve shared so many unforgettable memories, from Matric farewell to formals, and from road trips to studying together in Potch. I’m so grateful to have found my best friend, my partner in crime, and my forever love.

 

Teksversorging deur Simoné de Witt

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%