PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Shanell Binedell
@shanell_lalala
Reёnboogrant tieners series boeke, wat elke boekwurm se sakgeld opgevreet het, is nou op die Kassie! “Hunks en Hamburgers”, “Hartebreker”, en “Drome en Dramas” is maar slegs 3 van die menige leesboeke deur Louise Van Niekerk. Die boeke se beskrywing is eenvoudig: “Deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe: die Reёnboograntjare.” Die boeke het nuwe lewe gekry en op 15 Januarie 2025 is dit amptelik op die DSTV kanaal 144, KykNet.
Reёnboogrant is egter nou ‘n Showmax oorspronklike reeks deur Sonvelt Media Produksie en volg die storie van ‘n stereotipiese hoёrskool met sy cliques; die populȇre groep, die drama-geeks en selfs ‘n groepie wat vermaak in rap vind. Die reeks het baie bekende gesigte en beskryf ook die afwesigheid van akteurs in Diepe Waters. Dis beslis nie ‘n sepie om mis te loop nie. ‘n Uitstekende weerspieёling van die dinge wat in ‘n hoёrskool gebeur wat ouers nie wil weet nie, met ‘n dramatiese effek natuurlik.
Shani, die hoofkarakter wat vertolk word deur Minke Marais, pas die perfekte beskrywing toe van jou tipiese Cool Girl. Loop rond asof die wȇreld om haar draai, kys die perfekte rugbyspeler en is glad nie gewoond om nie haar sin te kry nie. Saans by die huis haal sy die masker af en mens kan werklike omgee in die Brink-gesin waarneem.
Dinge loop egter nie meer seepglad vir Shani nie en die feit dat haar jonger suster vriende is met haar antagonis, speel ‘n groot rol in Shani se teespoed. Die skool aanbid die grond waarop haar broer, die hoofseun en eerstespan rugbykaptein, loop. In almal se oё is hy maar net ‘n Virgin Margarita wat altyd by die reёls speel, maar dan verbaas hy almal.
Tina, wat gespeel word deur Cara Kruger, maak dit haar lewensmissie om Shani se lewe vir haar hel te maak. Sy kos Shani haar toekoms deur ‘n groot oudisie te mis en klaarblyklik is sy konstant opsoek na aandag van ander, of liewers om aandag vanaf Shani te steel. Die jaloesie en drama broei tussen die vyande en vreet vir Tina so op dat haar hele menswees om Shani en haar perfekte lewe draai, ironies nes die res van die skool.
Dit vat net een besluit, een liegstorie en een partytjie om almal se lewens op te roer. Weereens kry Shani haar sin en loop skotvry daarvan af, of doen sy regtig? Die reeks gaan jou op jou tone hou. Sodra jy begin kyk, gaan die Reёnboogrant jou insluk en jy sal nie weer ‘n episode misloop nie.
Kanseleer maar jou Vrydagaand planne, want 18:30 op die DSTV Kanaal 144 het jy ‘n afspraak met die tieners van Reёnboogrant.
Teksversorging deur Simoné de Witt
Written by: Wapad
Post comments (0)