PUKfm
London Calling Podcast Yana Bolder
Summer Festival Podcast Robot Heart
Electronic Trends Podcast Aaron Mills
New Year Eve Podcast Robot Heart
Techno Podcast Robot Heart
Flower Power Festival Podcast Robot Heart
Tech House Podcast Robot Heart
Winter Festival Podcast Robot Heart
Chiara Dover
@chiaradoverr
10. Valentyne No More – Heimat en Dinki 2025
Nadat die Valentyns liefdestowerkrag of miskien blues verval het, was dit tyd vir hierdie aksie. Op 26 Februarie het Dinki en Heimat ‘n soortvan anti-Valentyns aksie gehou. Coke Zero en lekker bitter rooiwyn het van dié aand ‘n sukses gemaak.
“Ek moet sê, die dames het baie rooi aangetrek, maar die kombinasie van atmosfeer met ballonne, disco ligte en dat die tema ‘n speeling was op Valentynsdag – wat verby was teen die aksie se tyd – het die tema ‘n sukses gemaak,” meen Markus Crause, ‘n senior Heimat lid. Die aand het dit moontlik gemaak vir gekskeur en mannewales soos nét Potch-koshuise kan
9. Bosvark Aksie – Klawerhof en Hombré 2014
R&O week bring altyd goeie herinneringe terug, waar koshuisbande gevorm is wat lewenslank hou. Vir oud-student Charlotte Prins, was die bosvark aksie tydens R&O ‘n gunstelling. In haar eerste jaar is hulle na verwys as “dore”. Met deurmekaar hare en grond-besmeerde lywe moes hulle kennis maak met die Hombré-manne.
Hulle nuwe persona is vooraf geskep; ‘n koshuis vol Sannies wat almal BA Boomklim swot. Natuurlik was die ingangsfooi ‘n oortuigende Bosvark “impression”. Hulle sê mos hou dit kort en kragtig, so drie liedjies later is die aand verby, maar bosvark het hulle gebosvark.
8. Mafia – Villagers en Dinki verlowings aksie 2025
Op 5 Maart 2025 het Villagers en Dinki verloof geraak in hul volle swart drag as Mafia-gangsters. Vir die derde jaar, Duncan Matthee, was dit ‘n persoonlike gunstelling juis omdat dit ‘n kans was om by ‘n aksie totaal en al op te “dress” soos wat jy sou by ‘n formele dine. Die tema was ‘n groot sukses gewees.
Almal het swart in hulle kaste en dus was daar nie ‘n persoon wat nie aangetrek het nie! Die tema was visueel effektief soos wat die swart uitrustings mekaar gekomplimenteer het. Lang storie kort, ‘n das en ‘n sonbril was al wat jy nodig gehad het!
7. Rhyme Without A Reason – Kasteel en Villagers 2023
Wanneer ‘n aksie met studente beplan word, hang die sukses in die balans tussen die bekostigbaarheid van die uitrustings en die gewilligheid van die skare om van hulself gekke te maak. Juis daarom is hierdie aksie tema ‘n groot sukses gewees al oor die jare vir verskeie koshuise, maar veral vir Kasteel en Veritas in 2023.
Miné Louw, ‘n derde jaar, glo dat hierdie tema, met ‘n omslagtige Pinterest soektog en een kyk na die klere in jou kas wat al stof opgaar, baie maklik is om voluit mee te gaan. Die tema is ook lekker wyd. Groep kostuums soos Safari + Ferrari, Sillicone + Traffic cone + Post Malone of Dancing Queen + Pregnant Teen het hierdie aand kenmerkend gemaak.
6. Dokter Dokter – Patria en Heide (jaarliks)
Volgens ‘n vierde jaar in die NWU, kan die Patria-manne nie net rugby speel nie, maar ook aantrek en lekker kuier. Die “Dokter Dokter” aksie is ‘n jaarlikse tradisie tussen Heide en Patria, wat hoegenaamd uniek is aan hierdie twee koshuise.
Natuurlik is daar ‘n bygevoegde bonus van dat jy al die dames sien in hulle verpleegster-rokkies, wat dit miskien somtyds nodig maak vir ‘n regte dokter om die manne se hartklop te kan reguleer. Toevallig beskou Musa Bizani, finalejaarstudent en trotse Patria-lid, hierdie selfde tema as sy gunsteling, veral in ag genome dat op ‘n kampus vol labotoreums- en verpleegkunde studente jy maklik ‘n doktersjas en stetoskoop in die hande kan kry. Meneer Bizani meen dat hy selfs met ‘n paar crocs kon opdaag.
5. Maskerbal – Heide formele dine 1997
Heide se jaarlikse maskerbal terug in die 90s was ‘n aand van kunstigheid en kreatiwiteit. Anél Kotze, voormalige Heide-dame, vertel dat die dames hulle eie maskers versier het volgens die verskillende temas. Van dié was haar gunstelling 1997 se Casino Night. Dit was vir mevrou Kotze uniek “dat ons moes maskers dra wat jy self kon versier of gaan koop. Dit as 2 jarige student (19y oud) op universiteit het dit nogal spesiaal en anderste gemaak.”
Die dine was gehou by die Elgro Hotel en die vertrek en tafels was opgemaak met kaarte, kerse, dobbelstene, valse geld en als wat mens kon vervoer na die joligste Casino in Las Vegas.
4. Enige Ding Wat Begin Met ‘n P – De Wilgers en Kasteel 1998
Louis Miller, ‘n De Wilgers alumni, dink nostalgies terug aan hierdie letter-aksie met hulle slepies, Kasteel. Die aksie het plaasgevind in ‘n saal by ‘n restaurant op die bult wat reggemaak is deur die Kasteel dames en álmal het deelgeneem in hierdie tema. Louis Miller self het met sy corduroy baadjie, hoed, langbroek en das ‘n “pilot” uitgebeeld.
Wat vir meneer Miller uitgestaan het tussen die skare van die letter P-kostuums, was ‘n lang en groot geboude man wat in noodgedwonge laaste-oomblik improvisasie op ‘n blanke papier geskryf het “pakhuis” met ‘n pyltjie na sy maag wat moes aandui dat hy sy kos dáár stoor. Dit word toe juis sy koshuis noemnaam!
3. Fatties & Moanies – Vergeet-My-Nie 1990
Pasta? Nee! Aksie tema? Beslis! Vergeet-My-Nie se 1990 tema is ‘n mooi herinnering vir Colette Schoombee, alumni van die dameskoshuis. “Fatties” was enigiemand wie ‘n kussing in hulle klere gedruk het en “Moanies” was nie noodwendig ‘n kostuum nie, net ‘n norse onaangename ingesteldheid vir die aand.
Hierdie tema is uniek en eenvoudig, maar het tog ‘n effek en maak ‘n indruk. “Ek moet sê dat meeste meisies deelgeneem het en aangetrek het. Dit was altyd ‘n groot sukses. Dit was goedkoop pret, want ons het sommer aangetrek wat ons gehad het.” sê Mevrou Schoombee.
2. Zef Aksie – Wanda en Villagers 2023
Bianca Swart, tweede jaar, meen dat 2023 se Zef aksie onvergeetlik was. As een van haar eerste aksies in die koshuis staan dit steeds vir haar uit bo die res. Hierdie aksie was ‘n reuse sukses, wat die Wanda-dames en Villagers-manne genoeg geïnspireer het dat beide partye van kop tot tone aangetrek het.
Die “itty-biddy-teenie-weenie-pienk-en-lekker-stywe-bikini-bartender” met kontant in sy “bra” was iets om oor huistoe te skryf. Die tema is so eenvoudig dat jy geblinddoek klere uit jou kas kan trek en presies volgens tema by die aksie kan in paradeer (en natuurlik jou geld kan spaar om by die kroeg te bestee). Hierdie tema kan nie uit die mode uit gaan nie!
1. Paper & Plastic – Karlien 2006
Vir een aand en een aand alleen moet jy jou klere inruil vir papier en plastiek alternatiewe. Dit is wel met ‘n twist. Hierdie was ‘n Karlien tradisie waar daar elke jaar ‘n nuwe tema bygesit is en in 2006 was dit loopbane.
Hierdie tema is een wat mens lekker kan laat lag vir al die kreatiewe maniere waarop die tema geïnterpreteer word, verduidelik Almari Ernst van Karlien Dameskoshuis. Só tipe aksie pas ook ‘n student se sak en hou die snaakste herinneringe in, veral as mens die badkamer moet besoek.
Teksversorging deur Simoné de Witt
Written by: Wapad
Post comments (0)