Arts and Entertainment

MOMMY CLUB: VAN DIE HOOFSTAD – OPINIE STUK

todayApril 18, 2025 56 24

Background
share close

Shanell Binedell

@shanell_lalala

 

The Mommy Club: Van Die Hoofstad, die tonge behoorlik klap. Die ‘Hoofstad’ reeks– wat Pretoria, Johannesburg en blykbaar nou ook Benoni insluit, is nie die eerste Suid-Afrikaanse ‘Mommy Club’ produksie nie maar wél die eerste een in Afrikaans.

 

Vir agtergrond, hoewel dit ‘Mommy Club’ genoem word, gee dié produksie maar baie dieselfde gevoel as die Housewives reekse. Daar is 5 “mammas” deel van die produksie en kom ons sȇ net, die program kon maar net sowel ‘Nannies’ genoem word want bitter min van hierdie dames kyk self na hul kinders. Die ander kwessie van self bemarking is baie opvallend, en laat mens wonder of dít dan die rede is hoekom hierdie dames ingeskryf het. Want wie gaan verniet hul reputasie op televisie vernietig? Kom ons skeer nie almal oor dieselfde kam nie,  daar is tog ‘n hele paar Mammas waarna vele van ons kan op kyk.

 

Johandri, of meer bekend as ‘Mrs Fitness’ begin sommer haar voorstelling op kamera met die woorde, “Ek is kak ryk” en later beweer sy dat vrouens jaloers op haar is. ‘n Tuisbly ma met een seuntjie, en ‘n voltydse oppasser wat most likely/heelmoontlik nog self ‘mamma’ genoem salword – en selfs saam na partytjies toe gesleep word.  Sy is ook nie skaam om haar vuil wasgoed in die publiek uit te haal nie en vertel maklik van haar huweliksprobleme. Die woord ‘egskeidingword ‘n hele paar keer gebruik.

 

Sy en haar grootste kompetisie, Ansu, (klaarblyklik ‘n vriendin van haar) het saam ‘n mommy fitness besigheid, alhoewel danksy ‘n voorflits, sal hierdie vennootskap ook drama veroorsaak. 

 

Louise Volschenk, beskryf haarself as ‘al die Spice Girls in een’. Haar inleiding is waarskynlik die rede waarom kinders nie hierdie program moet kyk nie. Sy laat nie gras onder haar voete groei nie. Sy en haar man se seks lewe is een van die eerste gesprekke wat sy kies om te voer. Dit is duidelik dat haar arme kinders geoefen het vir die produksie en niks omtrent die toneel in die kombuis lyk natuurlik nie – veral nie die idee dat haar jong seuntjies salm vir ontbyt eet nie. Ek meen, watse laerskool kinders drink hul koeldrank uit wyn glase? Alhoewel sy hopeloos te eerlik voorkom, het baie mense op sosiale media positiewe aanmerkings daaroor gemaak, veral oor die feit dat sy so eerlik is oor haar kosmetiese werk. 

 

Ansu, wat deur Louise se oё die definisie van perfek is, gebruik haar kans om meer as een keer te noem dat haar man ‘n eks Blou Bul speller is, nie dat sy naam by baie mense eers ‘n klokkie gaan lui nie. Sy spandeer ook meeste van haar tyd in die gym, en die reeks het selfs die kans gevat om ‘n hele in-diepte video te skiet van haar lyf – en nee, dit was glad nie subtiel dat hulle mans met hierdie deel probeer lok het nie.

 

Dit is effens verwarrend om die video’s te sien en die pakkies wat sy dra kan mens nie help om te voel sy seksualiseer die program nie. Sy dring aan dat sy nie van skinder hou nie, maar binne net 20 minute maak sy reeds haar eerste agter-afse opmerking. Sy word ook ge-“mommy-shame” by die eerste byeenkoms nadat haar seun Louise sy huis verniel. Sy kon hom miskien gekeer het maar almal se opinies gaan seker oor daardie een verskil. 

 

Mamma Tessa, wie se vel geheime mense eeue van nou gaan navors, verskyn in niks minder as ‘n stylvolle uitrusting nie – nie een ding uit plek nie. Tessa maak dit duidelik aan die kykers dat sy nie ‘n ‘Fortuner mamma’ is nie, en dat sy baie hard gewerk het vir alles wat sy het. hoewel dit klink na plat op die aarde, kla sy in dieselfde asem oor die feit dat sy nie haar inkopies by Woolies in daardie tyd kon gaan doen nie. Mens kan haar seker beskryf as iemand wat loop met haar hart op haar mou. Sy praat baie maklik en oop oor ‘n slegte situasie waaruit sy haarself moes kry en mens kan nie anders as om haar te respekteer nie. “‘n Sterk vrou weens haar omstandighede”, die enigste manier om die beste van ‘n slegte situasie te maak.

 

Laaste, maar nie die minste – altans nie in my oё nie, maar dalk in die ander mammas s’n, kom Chrystel Van Der Burgh op die skerm. Die beste manier hoe ek haar sou beskryf is plat op die aarde, oorspronklik met ‘n definitiewe na band tussen haar en haar kinders. Alhoewel sy haarself as “bitchy” beskryf, is dit moeilik om in te sien, totdat iemand opmerkings oor haar goeie vriendin, Ansu, maak. Sy is gemaklik om oor moeilike tye in haar lewe te praat en noem ook dat sy ‘n tiener ma was. 

 

Die reeks is beslis nie die beste uitbeelding van ‘Ma-wees’ nie en dit voel amper asof die kinders maar net bysake tot die program is. Mens wonder ook met al die gevaar daar buite hoekom die mammas hulself en hulle kinders so sal laat blootstel. Al het van die tonele my tone laat gruwel of my ooghare laat reis, is dit ‘n moeilike reeks om op te hou kyk, al is dit bloot om te smag na die omstandighede van ryk-wees en perfek lyk.

 

Hoe sê hulle dan altyd:”Mens se gunstelling reeks is gewoonlik dit wat hulle nie het nie”. Jy kan self die program volg op Showmax waar daar elke Vrydagaand ‘n nuwe episode uitgesaai word. 

 

THE MOMMY CLUB: VAN DIE HOOFSTAD ROLVERDELING, [Source:Showmax.com]

 

Teksversorging deur Mignon Walters

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%