Sport

HOEKOM STUDENTE NA SKOOL MET SPORT OPHOU 

todayMarch 29, 2026 3

Background
share close

Miné Fourie

@mine.fouriee

 

Vir ‘n groot gedeelte van skoliere was sport ‘n weeklikse aktiwiteit. Of dit nou netbal, hokkie, swem of skaak was, sport was ‘n algemene tydsbedryf. Op universiteit word dit wel duidelik dat sport ‘n bysaak is en dat niemand skielik meer tyd (of lus) het om na ‘n besige dag hulle oefen tekkies aan te trek nie.

 

‘n Groot rede vir die afname in sport na skool is die akademiese werkslading waarmee meeste studente hulself in vind. Op skool word daar spesifieke ure vir sport ingereken en daar word genoeg huiswerk gegee sodat buitemuurse aktiwiteite ook gedoen kan word. Universiteite oorlaai ongelukkig die studente met take, toetse en die gereelde deurmekaar slaapskedule. Christi Euvrard, eerstejaar bedryfsingeniuers student, meen dat sy graag met netbal sou wou aanhou maar dat haar skedule dit eenvoudig net nie toelaat nie. Haar tyd is net te veel werd om dit op aktiwiteite, wat nie haar studies bevoordeel nie, te spandeer.

 

Universiteit sport vereis baie toewyding en tyd. Studente het die keuse om ‘n bier te gaan drink in Music Café, Spur toe te gaan vir die waffles of om te gaan oefen tot die sweet by hulle voorkoppe aftap. Dit klink dalk soos ‘n maklike keuse maar daar is tog díe wat dit regkry. “Die Puk gee jou ‘n kans om sport te speel na skool en daarom doen ek nogsteed sport. Daar is tye waar dit moeilik raak om alles te balanseer maar dit is die moeite werd,” sê Danel Fourie, ‘n tweedejaar student wat hokkie vir die NWU se derdespan speel. Jou sosiale lewe verander ook skielik na skool en dit raak al hoe moeiliker om al die geleenthede van jou keuse, of dit nou sosiaal of koshuisverband is, by te woon as jou afrigter heeltyd ‘n ekstra uur se oefening in die week wil inwerk. 

 

Die druk van universiteits sport verskil ook met die van skool. Universiteite het skielik tien keer meer atlete wat vir dieselfde span wil uitspeel en dan skrik jy as jy sien daar is tien meisies wat wil doel speel vir die eerste span. Dit is algemeen dat die verwagting en druk van deelname veroorsaak dat studente hulle toerusting ophang om plek te maak vir wie hulle dink span behoort te maak. Volgens Cenél Carstens, tweedejaar Bcom Internasionale Handel student, is haar hokkie stok weggebêre as gevolg van die negatiewe impak wat dit op haar mentalitiet gehad het. Om aktief te bly is wel ‘n ander saak. Baie studente draf deur kampus se strate in die vroeë oggende en laat aande om asem te skep, en ander sluit aan by gimnasiums waar hulle Spur se waffels afbrand.

 

Die sewe sakke sout wat met universiteit sport saam kom is ongelukkig net te veel vir die meerderheid van studente. Dit word al hoe moeiliker om vir die lekkerte van studentwees nee te sê wanneer al jou vriende deel is van spesiale oomblikke terwyl jy oppad rugby veld toe is vir ‘n fiksheid sessie. Gelukkig is koshuis sport en die gereelde 5k ‘fun-run’ by Plato Coffee elke Saterdag daar vir studente om hul frustrasie uit te kry.

 


Sport toerusting wat in meeste huishoudings opgehang word na kinders hulle skool loopbaan aflsluit. (Oorsprong: Family Handyman).


Leë kleedkamers in universiteite as gevolg van die afname in studente deelname in sport na skool. (Oorsprong: Vecteezy)

 

Teksredigering deur Isabel Burgers

Written by: Wapad

Rate it

Post comments (0)

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


0%