BCOM: DIE JAAR VAN DIE ROTTE
Amari Maré & Abygail Smit @amari.mare & @abysmit06 Dink aan lekker riffs, harde dromme, ’n baslyn wat deur jou bors klop en kitare wat dreun soos ’n enjin wat nie wil afsit nie. Meng dit alles saam en jy kry die nuwe band op ons almal se lippe — BCOM. Op 21 Februarie 2026 het BCOM ons studentedorp met hul unieke klanke by Snowflake infiltreer, saam met Spoegwolf […]